‘n Skool gebore uit ‘n droom, gegroei deur genade
Bronberg Akademie is in 2010 gestig deur Ronel Wiese. Aanvanklik was daar slegs vier leerlinge, en mettertyd — deur die Here se genade — het die skool gegroei tot waar ons vandag staan. In 2013 is Bronberg Akademie (Edms) Bpk geregistreer as ‘n hoofstroom Privaatskool (GN 700 400 638), met Afrikaans as amptelike voertaal en medium van onderrig.
Klein in getal, groot in toewyding
Ons personeel is die hart van Bronberg Akademie. Elke onderwyser, mentor en ondersteuningspersoneellid speel ‘n rol in elke kind se reis — akademies, sosiaal, en geestelik. Met kleingroep-klasse van hoogstens 15 leerders ken ons personeel elke kind by die naam.
Onder die leierskap van skoolhoof Mnr. At Oosthuizen, saam met ‘n toegewyde bestuurspan en ervare onderwysers, bou ons ‘n skool waar vertroue, respek en kameraadskap die daaglikse kultuur vorm.
Mnr At Oosthuizen
Skoolhoof
Eugene Schmidt
Finansiële Bestuur
Barend Robbertze
Ad hoc Bestuur
Cornel Els
Administratiewe Bestuur
Die syfers agter die skool
Bronberg Akademie is gebou op eenvoudige maar kragtige beginsels: kleingroep-klasse, toegewyde personeel, en ‘n Christelike grondslag.
2010
Jaar gestig
Gr.RR–7
Grade aangebied
≤15
Leerders per klas
100%
Afrikaans as voertaal
Ons filosofie
Missie & Visie
MissieOns fokus is:
Die skepping van ‘n gekoesterde, veilige omgewing binne ‘n natuurlike ruimte
Die aanstelling van gespesialiseerde personeel
Die toerus van leerders in intellektuele, emosionele, sosiale en interaktiewe lewensvaardighede
Om voorsiening te maak vir individuele en unieke leer teen die agtergrond van eie tempogerigte onderrig
VisieOm binne die konteks van ‘n Christelike waardesisteem ‘n veilige, leergerigte omgewing te skep waarbinne leerders hul maksimale potensiaal kan bereik.