Ons hoor graag van jou
Of jy meer wil weet oor inskrywings, ‘n besoek wil reël, of net ‘n vraag het oor Bronberg Akademie — ons deur is oop. Kontak ons gerus per telefoon, e-pos of deur die vorm hieronder.
Gereelde vrae
Watter grade bied Bronberg Akademie aan?
Ons akkommodeer leerders vanaf graad RR tot graad 7 — ‘n volledige laerskool-reis met kleingroepklasse en toegewyde personeel.
Hoe groot is die klasse?
Ons klasse het doelbewus ‘n maksimum van 15 leerders per klas. Dit beteken elke kind kry individuele aandag van sy of haar onderwyser.
Is Bronberg Akademie ‘n geregistreerde skool?
Ja. Bronberg Akademie (Edms) Bpk is ‘n geregistreerde hoofstroom Privaat skool (GN 700400638), met Afrikaans as amptelike voertaal en medium van onderrig. Ons is ook deel van Die MOS Inisiatief.
Hoe skryf ek my kind in?
Besoek ons Skryf in-bladsy om die aansoekproses te begin, of kontak ons direk by admin@bronbergakademie.co.za vir meer inligting.