Posisie: SPRAAKTERAPEUT EN OUDIOLOOG
Kwalifikasies: B. Kommunikasie Spraak-taalpatolgie en Oudiologie
Marike het aan die Universiteit van Pretoria gekwalifiseer en in 2010 haar gemeenskapjaar voltooi. Sy het in 2011 in Privaat Praktyk begin werk, waar sy met 'n wye spektrum gevalle begin werk het insluitende Outisme, ADD, ADHD, taalagterstande, tweede-taalleerders, Down Sindroom, artikulasie uitvalle, CP en vele ander. In 2014 open sy haar eie praktyk en in die tydperk raak sy ook verder betrokke met kinders wat op die Outistiese spektrum is, asook 'n verskeidenheid neurologiese uitvalle toon. Haar uitgangspunt in haar beroep is, dat sy glo daar is altyd hoop en 'n uitweg.
Wat maak Bronberg uniek? Marike sê:
“Bronberg is soos 'n veilige nessie waar kinders hul volle potensiaal kan bereik en hulle sommer net kan blom. Wat vir my besonders is, is dat elke lid van die personeel begaan is oor die kinders se menswees, en dit is 'n voorreg om deel te vorm van so 'n span.”
Copyright © 2019 Artreach Creative Concepts. All Rights Reserved.