AGTERGROND

Die skool is in 2010 gestig deur Ronel Wiese. Aanvanklik was daar vier leerlinge en toenemend, met die Here se genade, het die skool gegroei tot waar dit vandag is. Bronberg Akademie (Edms) Bpk is in 2013 geregistreer as ‘n hoofstroom Privaatskool (GN700 400638).

MISSIE & VISIE

MISSIE: Ons fokus is:

  • Die skepping van ‘n gekoesterde, veilige
    omgewing binne ‘n natuurlike ruimte.
  • Die aanstelling van gespesialiseerde personeel.
  • Die toerusting van leerders in intellektuele,
    emosionele, sosiale asook interaktiewe lewensvaardighede.
  • Om voorsiening te maak vir individuele en unieke
    leer teen die agtergrond van eie tempo-gerigte onderrig.

VISIE:

Om binne die konteks van ‘n Christelike waardesisteem, ‘n veilige, leergerigte omgewing te skep waarbinne leerders hul maksimum potensiaal kan bereik.

WATTER TIPE LEERDERS?

 Leerders met ‘n gemiddelde I.K./bogemiddelde I.K.

  • Hoofstroomleerders
  • Benodig kleingroep onderrig
  • ADHD/ADD
  • Disleksie
  • Sensoriese uitvalle
  • Konsentrasie
  • Leeruitvalle

KONTAK PERSOON: Ronel Wiese

Telefoon: (010) 4468328

Sell: 082 805 1091

Informasie: ronel@bronbergakademie.co.za

Administrasie: admin@bronbergakademie.co.za

Finansies: finansies@bronbergakademie.co.za