CORNEL ELS

Posisie: ADMINISTRATIEWE BESTUUR

Cornel Els staan aan die stuur van ons skool se administrasie en tree op as die hoof se persoonlike assistent. Sy beskik oor 'n bemarkingsdiploma, vele sertifikate in versekering en sy hanteer verskeie administratiewe take o.a. inskrywings, herregistrasies, stelsels, ontvangs ens.

 

Wat maak Bronberg uniek? Cornel sê:

“Dit is my leuse dat vriendelikheid niks kos nie.  Hier by Bronberg is almal 'n familie en ons gee om vir mekaar en dra mekaar.  Ons glo dat elke kind uniek en spesiaal is en hier poog ons om elke kind te laat groei en te laat ontwikkel volgens sy of haar eie potensiaal.”