AGTERGROND

Die skool is in 2010 gestig deur Ronel Wiese. Aanvanklik was daar vier leerlinge en toenemend, met die Here se genade, het die skool gegroei tot waar dit vandag is. Bronberg Akademie (Edms) Bpk is in 2013 geregistreer as ‘n hoofstroom Privaatskool (GN700 400638).

MISSIE & VISIE

MISSIE: Ons fokus is:

  • Die skepping van ‘n gekoesterde, veilige omgewing binne ‘n natuurlike ruimte.
  • Die aanstelling van gespesialiseerde personeel.
  • Die toerusting van leerders in intellektuele, emosionele, sosiale asook interaktiewe lewensvaardighede.
  • Om voorsiening te maak vir individuele en unieke leer teen die agtergrond van eie tempogerigte onderrig.

VISIE:

Om binne die konteks van ‘n Christelike waardesisteem, ‘n veilige, leergerigte omgewing te skep waarbinne leerders hul maksimum potensiaal kan bereik.

WATTER TIPE LEERDERS?

 Leerders met ‘n gemiddelde I.K./bogemiddelde I.K.

  • Hoofstroomleerders
  • Benodig kleingroeponderrig
  • ADHD/ADD
  • Sensories
  • Konsentrasie