KARIN VAN BILJOEN

Posisie: FINANSIES

Karin het 8 jaar ondervinding in skoolfinansies en administrasie. Sy beskik oor ‘n Nationale Diploma in Personeelbestuur en het 12 jaar ondervinding by verskeie maatskappye opgedoen in menslike hulpbronne en finansies. Sy is pligsgetrou, presies in haar werk en is 'n raakvatter. Haar liefde en deernis vir kinders maak haar ‘n waardevolle aanwins vir ons skool.

 

Wat maak Bronberg uniek? Karin sê:

Bronberg Akademie bied kwaliteit kleinklasonderrig en dit is die ideale leeromgewing vir alle kinders om hul volle potensiaal te ontwikkel en te verseker dat leer lekker is en kinderjare nog sorgloos kan wees. Ons skool bied groot oop ruimtes en ‘n ontspanne atmosfeer. Bronberg Akademie is ‘n omgee-skool en die personeel doen hul werk met passie en liefde.

Finansies is van uiterste belang om ons skool in staat te stel om vooruitgang te verseker en kwaliteit onderrig te bied.