RONEL WIESE

Onderwyservaring: 25 jaar

Onderwyskwalifikasies:

H.O.D Pre- en Junior Primêr,

B.Ed Honneurs in Leerondersteuning, Berading en Beroepsvoorligting,

M.Ed Vroeë Kinderonderwys.

Posisie & Verantwoordelikheid: DIREKTEUR/ADJUNKHOOF/BESTUUR

Ronel het 23 jaar onderwyservaring in verskeie skole, meestal as Junior Primêre en Remediërende onderwyseres.

 

Wat maak Bronberg uniek? Ronel sê:

“When your job comes from the heart, the reward is in itself.”

“In eie liga probeer ek nog altyd net walgooi teen ‘n onderwysstelsel wat soos ‘n groot golf, massas unieke leerders omslaan, meesleur en verswelg. As opvoeder is dit my persoonlike missie om kinders na standvastigheid, gedragsbevoegdheid en belangriker nog, na die Here toe te lei. Ek sal oseane kruis en berge uitklim vir mense en ek is gedetermineerd en gewillig om met ‘n vurige passie, ‘n verskil in hulle lewens te maak.

Bronberg is soos ‘n fontein wat lewende water uitborrel en wat vir mense genesing en herstel bring in ‘n gebroke wêreld. Ons leerders is baie gelukkig by Bronberg omdat ons bekwame, empatiese onderwysersspan, bedienings- en Koninkrykwerk verrig. Ons is werklik bevoorreg om onder die mentorskap van ons uiters bekwame skoolhoof, Dr. Jan Janse van Rensburg, te kan werk. My dankbaarheid teenoor Mnr. Japie Schmidt vir die bou van ons skool, vir sy dinamiese leierskap, kennis en waarde wat hy tot ons skool toevoeg, is ewigdurend.

Ek staan in verwondering teenoor die Here wat die waarmaker van die Bronberg droom is. Mag Sy naam elke dag verheerlik word deur die opvoedingswerk wat hier by Bronberg verrig word.

Dit is vir my daagliks ‘n groot vreugde en voorreg om by Bronberg te mag werk.”

“I’m going to make everything around me more beautiful - that will be my life.”