MARITA PRINSLOO

Posisie: SPRAAKTERAPEUT EN OUDIOLOOG

In 1974 kwalifiseer Marita Prinsloo haar as spraakterapeut en oudioloog aan die Universiteit van Pretoria, waarna sy werksaam was by Pretoria Skool vir Serebraalgestremdes, Alma skool en remediële klinieke.

In 1980 het sy 'n privaat praktyk begin en behandel sedertdien 'n wye verskeidenheid toestande wat insluit: apraksie, disartrie, artikulasie, taal en persepsie.

Haar betrokkenheid by privaat- en staatskole, het haar onder die besef gebring van die kommerwekkende taal- en leesagterstande wat by leerders voorkom. Gevolglik het sy 'n terapeutiese leesprogram ontwikkel, by verskeie geleenthede as gasspreker opgetree en ook verskeie opleidingskursusse aangebied.

 

Wat maak Bronberg uniek? Marita sê:

“'n Skool is 'n gebou met vier mure, maar daarbinne is die dag van more. Só 'n more word deur Bronberg geskep, waar kinders onderrig en geleer word, elk volgens sy eie potensiaal, om uiteindelik onafhanklik op te tree en te dink.

Met-die-hand-uitgesoekte opvoeders by Bronberg, maak dít wat vir 'n leerder aanvanklik moeilik is, maklik om te oorkom.

Die ou Chinese spreekwoord lui: “'n Goeie onderwyser is beter as 'n kruiwa vol boeke.” Hierdie span word by Bronberg gevind – 'n unieke skool met unieke leermeesters en 'n unieke benadering…

Wat 'n voorreg om deel daarvan te kan wees!”