ELMARIE LOMBARD

Posisie: ARBEIDSTERAPEUT

Kwalifikasies: B. Arbeidsterapie

                           Neuro-ontwikkelings terapie (NDT)

                           Ayres Sensoriese Integrasie (SI)

Elmarie het aan die Universiteit van die Vrystaat gestudeer en in 2003 haar gemeenskapjaar voltooi. Sy het in 2004 en 2005 in Engeland as 'n Arbeidsterapeut gewerk, baie ondervinding opgedoen en ook deur Europa getoer. In 2006 keer sy terug na Suid-Afrika en vestig haar in Pretoria. Sy het nagraads verder studeer en sedert 2006 fokus haar werk op pediatrie. Haar belangstelling strek wyd: van neurologiese toestande (insluitend down syndroom, outisme, serebraal gestremdheid), ontwikkelingsagterstande en mylpaalontwikkeling, skoolgereedheid en skoolverwante take, tot sensoriese integrasieprobleme (insluitend ADD/ADHD). Sy is baie georganiseerd en streef na uitkomsgebaseerde resultate in haar werk.

 

Wat maak Bronberg uniek? Elmarie sê:

“Ek beskou Bronberg Akademie nie net as 'n skool nie, maar 'n plek waar kinders ten volle kan ontwikkel en hulself kan wees. Om met kinders te werk en 'n verskil in hulle lewens te maak, is vir my ‘n groot voorreg en passie. Daar is baie noue verhoudings tussen al die personeel en die leerders en dit dien as 'n ongelooflike ondersteunings bron vir ontwikkeling. Kinders is die grootste geskenk van God af en hulle is ons toekoms – by Bronberg word hulle met toegewyde aandag, liefde en ondersteuning voorberei vir hulle lewenspad.”