JUAN VAN DER POEL

Onderwyservaring: 33 jaar

Skoolhoof: 21 jaar

Onderwyskwalifikasies:

Hoër Onderwysdiploma Senior Primer

Baccalarius in Lettere en Wysbegeerte

(Honneurs) Baccalarius in Opvoedkunde met twee endossemente Ortodidaktiek en Onderwysbestuur

Posisie en verantwoordelikheid: Adjunkhoof en Bestuur

Juan het 33 jaar onderwyservaring in Primêre onderwys as onderwyser, departementshoof, onderwysadviseur en skoolhoof.

Bronberg: Juan sê:

Iemand het gesê: Belê in die toekoms deur kinders te hê en hulle te onderrig. Hier by Bronberg is dit juis wat ons wil doen. John Maxwell skryf in een van sy boeke oor spanwerk: “There is no I IN TEAM”. Spanwerk is die SLEUTEL. Elkeen bring sy deel en saam behaal ons sukses. Ons BRONBERGSPAN bestaan uit ons Here Jesus Christus, ons aandeelhouers, ons personeel, ons ouers en ons kinders. Hier neem ons, ons kinders aan die hand en stap SAAM met elke Bronnie deur hul skoolloopbaan. Daar waar ons vasval, ondersteun en help ons mekaar.

As span weet ons nie van opgee nie. In ons skoolwerk, kultuur en sport is vele geleenthede van ervaring opgesluit wat ons benut en deel maak van ons lewe. Ons Bronnies werk in klein klasse en ons Bronbergspan meet ons sukses aan die dag waarop ons Gr.7 leerders ons skool verlaat en hul gereed sal wees vir die volgende tree na ’n suksesvolle môre.

Dit is voorreg om deel van die Bronbergspan te wees.

Groete

Juan