JAPIE SCHMIDT

Besigheid - Ondervinding: 25 Jaar

Bronberg Vennootskap: Aandeelhouer 2016

Posisie & Verantwoordelikheid: DIREKTEUR, ADMIN, BESTUUR & FINANSIëLE BESTUUR

As mede-eienaar, bring Japie sy besigheidsondervinding, kennis en ervaring na Bronberg met die oog daarop om die skool by te staan in die groei na 'n nuwe fase en die nodige besigheidskennis en skoolbestuursondervinding te verleen, soos nodig.

Japie was die afgelope 10 jaar by verskillende skole op bestuursliggaamsvlak betrokke en het verskillende portefeuljes beklee, naamlik voorsitter asook finansiële bestuurder. As deel van sy pligte in hierdie posisies, was sy verantwoordelikhede die algemene skoolbegroting en lewensvatbaarheid van sekere skoolverwante projekte.  Dit het hom ook in die proses ryp gemaak en voorberei vir sy rol by Bronberg.

Suksesvolle projekte wat Japie al aangepak het sluit in: die bou van 'n rekenaarsentrum, ontwikkeling van verskeie sportvelde, 'n ablusieblok asook 'n naskoolsentrum wat tans meer as 280 leerders akkommodeer.

 

Wat maak Bronberg uniek? Japie sê:

“'n Organisasie, besigheid of skool is so visionêr soos sy leierskap, maar so sterk soos sy span.” Bronberg spog met 'n span mense wat gemeenskaplik sterker is as die grootste potensiële struikelblok of teenstand. Onderwys en opleiding is een van die grootste kwelpunte in ons samelewing, maar is ook 'n belonende uitdaging. Wat Bronberg uniek maak, is die spesiale leierskap en onderwyskorps se unieke en toegewyde aandag op 'n meer persoonlike vlak, wat nie noodwendig in skole beskikbaar is waar kompeterende gesindhede die norm is nie.”