SKOOLHOOF

DR. JAN JANSE VAN RENSBURG

Posisie:         SKOOLHOOF

Dr. Jan Janse van Rensburg beskik oor die volgende onderwyskwalifikasies:  BA;  TOD(Biologie) BEd;  MEd;  DEd;  (Fund Ped) CPSS(Sportwetenskap).  Dr. Jan beskik oor 46 jaar onderwyservaring en hy het reeds die volgende poste in die Departement van Onderwys beklee:  Skoolhoof van verskeie top skole.  Hy is later aangestel as Superintendent van Onderwys, waartydens hy verantwoordelik was vir inspeksies in skole, om opleiding aan onderwysers en hoofde te verskaf.  Hy het ook in ‘n bestuurspos aan ‘n universiteit in die Departement Sportwetenskappe gedien. 

 

Wat maak Bronberg uniek? Dr. Jan sê:

“My lewensfilosofie is kindgesentreerd.  Ek glo dat onderrig in die klaskamer pedagogies verantwoordbaar moet wees.  Elke kind se talent of talente moet ontdek en ten volle ontwikkel word deur onderwysers/opvoeders, wat elke dag passievol in die ontwikkeling van die kind se vorming is.  Om sukses in onderwys te behaal moet onderwyspersoneel elke dag deeglike voorbereiding doen en hulle taak in individuele kinderontwikkeling op ‘n toegewyde en verantwoordelike wyse uitvoer.  Begeleiding en steungewing moet die visie en missie wees.”